Millennium Park - die verstandige keuse vir die mooiste jare van u lewe.
'n Suksesvolle Rotary Aftreeoord in Oudtshoorn, in die hartjie van
die Klein Karoo.
Millennium Park Meenthuiskompleks is geleë in Oudtshoorn, minder as 'n uur se ry
vanaf George internasionale lughawe en die mooiste see-strande wat die Tuinroete bied.
Kom geniet u beste jare in veilige, sonnige en natuurskone omgewing.
Oudtshoorn is nie net 'n kultuur- en toerisme-mekka nie, maar beskik ook oor uitstekende
fasiliteite met die ondersteuning van George en Mosselbaai (bv. Hart-eenheid te Bayview en
uitsoek spesialiste in George.)
Hier by Millennium Park is u verseker van uitstekende versorging (ons eie moderne siekeboeg
en puik hospitale en klinieke), heilsame geselskap en 'n lewendige gemeenskap wat u dadelik
sal laat tuis voel.
Natuurliefhebbers sal die bergomsoomde dorp waardeer en die ryk voëllewe op hul
grasperk geniet